jump to navigation

Ons leer

Hier beplan ek om losweg op te teken wat ons daagliks doen om meer te leer van die wêreld om ons. Ek is nie juis die tipe wat lief is vir lêers en administrasie nie en ek het gedink ‘n aanlynjoernaal maak meer sin.

Natuurlik is wat ek hier opteken nie die volle omvang van die leerproses nie. Ons het byvoorbeeld al letters geoefen, ‘n begrip van meer as en minder as en optel en aftrek begin kweek. Ons het geleer van lande en tale, stories vertel met ‘n geskiedkundige agtergrond, goeters geplant en vreeslik gemors met gom en papier, blinkertjies, lap en wol. Ons het al ‘n vulkaan gemaak en gepraat oor hoe die aarde binne-in lyk. (Ons het ook versekering uitgedeel dat daar nie vulkane in Suid-Afrika is nie!) Ons bak en brou en geniet veral die eet deel baie. Elke dag word ‘n ontdekkingstog.

Welkom hier!

17 Sept 2009

Ons het gaan stap en geleer van vertikaal en horisontaal. Jammer die stappery het in ‘n helse bakleiery ontaard. Ek glo nie Marco onthou nog die horisontaal en vertikaal nie… :lol: Ons sal maar weer daarvan leer.

Comments»

1. truida - November 4, 2009

Horisontaal en vertikaal en nogal moeilike begrippe vir klein outjies.Ek het met my twee elkedag voor ons begin met skool gevra wat is die posisie van die tafelblad-horisontaal en die tafelbene-vertikaal.Geniet die leer en die baklei, om elkedag in mekaar se geselskap te wees maak mens taai van tyd tot tyd.