jump to navigation

ABR

Advanced Biomechanical Rehabilitation is ‘n betreklike nuwe soort terapie in die behandeling van breinbeseerde jong volwassenes en kinders.

Babas ontwikkel, veral in die eerste ses maande waar hulle hoofsaaklik lê, deur asem te haal teen swaartekrag. Dit versterk die interne spiere wat weer spiere buitentoe versterk. Ontwikkeling volg ‘n progressie – eers nekbeheer, dan rol, dan sit, dan kruip, dan loop.

Met ‘n serebraal gestremde kind, is daardie sagte spierweefsel rondom die hart en longe en in die keel, te swak om korrek asem te haal. Die baba maak dus staat op asemhaling met sy diafragma. So ontwikkel hy nooit sy sagte spiere nie. Sy spiere heg nie korrek aan sy skelet nie en sy hele skelet trek skeef – in so ‘n mate dat hy spasties raak of net totaal geen gebruik in dele van sy liggaam het nie.

Konvensionele geneeskunde gaan van die standpunt uit dat alles deur die brein beheer word. As die brein skade kry, word daardie impulse onderbreek en kan die persoon nie beweeg of praat of sien of hoor nie – afhangende van watter deel van die brein beskadig is. Herstel kan nie plaasvind sonder dat die brein herstel word nie. En dit is nog grootliks onmoontlik. Dus fokus konvensionele terapie op skadebeheer. As ‘n hand inmekaar trek, word die hand oopgehou met ‘n apparaatjie. Fisioterapie fokus of versterking van arms en bene en die spiere van die skelet. 

ABR gaan van die standpunt uit dat die brein (veral elektries gesproke) uiters buigsaam is. Die brein
kan ander paadjies kry om goed te doen. Maar dan moet die “prentjie” wat die brein kry van die lyf af, korrek wees. Wat hulle dus doen is om ouers ‘n terapie te leer wat die korrekte manier van asem haal mimiek en daardie sagte spierweefsel versterk.  Die korrekte ontwikkeling begin dan plaasvind. En stadig maar seker, begin die liggaam homself korrigeer. Spiere begin korrek heg, die skelet verander en funksionaliteit herstel. En dan word die elektriese impulse na die brein herstel. Dit neem natuurlik lank en verg toewyding. Maar hoe meer mens dit doen, hoe vinniger kry mens resultate. Die metode is ontwikkel deur ‘n wiskundige en elke kind word ondersoek, ‘n unieke terapie word vir daardie kind wiskundig bereken en die kind word deurlopend gemonitor. Hulle kan redelik akkuraat voorspel hoe ontwikkeling sal plaasvind en die mate van sukses wat elke kind sal ervaar. Die sekondere voordele van die terapie is soms groter as die fokus op beweeglikheid. Kinders wat nie kon praat nie, leer praat, dis makliker om te sluk of te kou, spysvertering verbeter, kinders slaap beter ens. Wat heeltemaal sin maak en ‘n wereld se verskil
kan maak aan ‘n kind se lewenskwaliteit.Meer inligting is beskikbaar by http://www.abrbelgium.com en
http://fondationnicolastrozzo.com

Vir meer inligting oor die doelstellings en resultate wat ons met Wennertjie bereik het tot dusvêr, kyk na:
Hoe sake tans staan.

Comments»

1. Carina - Mei 28, 2008

Laat weet my asseblief hoe ek kontak kan maak met iemand aangaande die terapie. Asemhaling is tans ons grootste probleem en indien ons sy longkapasiteit en ritme van asemhaling kan verbeter, sal dit ‘n groot stuk van ons probleme oplos. Baie dankie.