jump to navigation

Antwoorde op knelvrae September 14, 2009

Posted by Twilight in Uncategorized.
trackback

Krista

Hou jy van tjoklits? Indien wel, watse tipe/flavour?
O ja! Ek is glad nie kieskeurig nie (dit hoef nie eers duur te wees nie), maar as ek moet kies, iets soos Toblerone of iets met ‘n toffie of fudge vulsel.

Drink jy? Wat?
Koffie of rooiwyn. Soms kondensmelk uit ‘n blik. Tel dit?

G-string, bikini, hi-cut of brief? Of niks?
Al bg. Afhangende van bo-klere of geleentheid.

Lees jy fiksie?
Ja, ek lees meer fiksie as nie-fiksie.

Wie is van jou gunsteling skryfers?
Terry Pratchett, PG Wodehouse, Dick Francis, JK Rowling, Pat Conroy, Scott-Fitzgerald, John Grisham, Agatha Christie, Audrey Blignault, Esta Steyn, Dalene Matthee. PH Nortje, Eleanor Baker en nog baie ander waaraan ek nou nie kan dink nie.

Op die kombuistafel, die sitkamerbank of die agtersitplek van die kar?
Enige plek

Wat wou jy word toe jy ‘n klein dogtertjie was?
‘n Boer

Het jy pop gespeel of karretjies?
Karretjies

Wat is jou gunsteling kleur?
Dit wissel na gelang van bui of die voorwerp wat die kleur is. Net om hemelsnaam nie pienk nie.

Valletjies en lintjies of sterk en deugsaam?
Ai, ek bewonder die valletjies en lintjies, maar eindig gewoonlik op met sterk en deugsaam.

Maxie

1. Hoe ontspan jy?
Deur alleen te wees. Mense stress my. Deur te dink, dagdroom, kreatief te wees of te lees.

2. Het jy ‘n gunsteling cartoon karakter en wie?
Muttley

3. Aan watter kant van die bed slaap jy?
EK sou graag wou sê ek vermy ‘n groef deur dit af te wissel, maar die waarheid is dat ons slaapgewoontes op die oomblik erg deurmekaar is. Ek slaap enige kant waar daar vir my plek is. :lol:

4. Jy het iewers genoem dat jy lank terug ongeveer 20kg verloor het. Hoe het jy dit reggekry?
Deur aanvanklik porsies te halveer (hoe meer mens eet, hoe meer wil jy eet), suiker en vet te verminder en te oefen.

5. Is daar tye wanneer jy sommer laf raak – letting your hair down? (Dalk ‘n swak vraag met 2 kindertjies!)
Ja, maar nie so dikwels as wat ek graag sou wou nie. Daar is mense in wie se geselskap ek hulpeloos op die grond rondrol van die lag. Dirk as hy op sy stukke is bv… En die kinders bring my speelse kant nogal uit.

6. Hoe lank is jy?
1,72m

7. Gunstelingfliek?
Ek het te min gefliek die afgelope paar jaar. Wat nou by my opkom is Dead Poet’s Society en The Pianist

8. Gunstelingblom?
Varkoor

9. Gebruik jy parfuum? Gunsteling?
Ja, meestal. Chanel no 5

10. As jy een wens kon he, wat sou dit wees?
Dat Jesus gou weer moet kom.

Adrie

1. Jy het aan 3 seuns geboorte geskenk. Is jy ‘n seuntjie mamma of smag jy heimlik na ‘n dogter?
Ek was doodbang om ‘n seuntjie te hê, want ek het net ‘n suster. Maar nou besef ek hoeveel pret seuntjies is en dat ek dalk sou sukkel met popspeel (wat ek nie eers as kind gedoen het nie). Ek sal steeds nie omgee om ‘n dogtertjie te hê nie, maar ek begeer nie ‘n dogtertjie genoeg om nog ‘n kind te hê nie. Ek speel maar met ander mense s’n.

2. Het jy onkonvesioneel groot geword of groot onkonvesioneel geword. Verduidelik.
Ek dink nie ek het juis ‘n onkonvensionele kinderlewe gehad nie en ek lei ook nie ‘n besonder onkonvensionele grootmenslewe nie. Ek het egter net nog nooit tuis gevoel in ‘n bondel nie en dis ‘n aspek van my persoonlikheid wat sterker word hoe ouer ek word.

3. Hoekom juis windpompe en vygies?
Op die tyd wat ek die blog begin het, het ons ‘n jaar reg uit die hel agter die rug gehad. Windpompe het juis die wind van voor nodig om ten beste te werk en vygies blom ongelooflik mooi met net ‘n bietjie reën.

4. Hou jy van jou rooi hare? Indien nie, watter kleur sal jy graag wou he?
Ek hou van my hare. As ek nie so lui was vir die “maintenance” nie, sou ek egter graag ‘n hele paar kleure wou uitprobeer. Miskien moet ek wag tot ek so ‘n bietjie gryser is en dan laat waai…

5. Was jy ‘n prefek op skool?
Laerskool ja, hoërskool nee.

6. Hoe oud was jy toe jy die eerste keer dronk geword het?
Ek was nog nooit so dronk dat ek niks kan onthou of dronkverdriet gehad het nie. Ek het genoeg probleme met myself terwyl ek nugter is sonder om nog drank by die mix te voeg. Tipsy… iewers op universiteit. Die dronkste wat ek nog was is van ‘n kombinasie van witwyn en vetterige seekos. Ek wou net lê en slaap.

7. Mans of vroue vriende?
Die meeste van my hegte vriende is vroue, maar ek kom goed met mans ook oor die weg.

8. Iets wat jy wil bereik voordat jy 50 word?
Dis oor net bietjie meer as 10 jaar suster! Ek sal moet opskud. Dalk om my humeur beter te beheer?

9. Kan jy split?
Ek is styf gebore. As ek sou probeer split, sal dit ‘n nare gemors afgee.

10. Kan jy ‘n kersiestam met jou tong knoop?
Natuurlik (Jel, ek dink nie eers ek sal dit met my hande regkry nie.)

11. Op ‘n skaal van 1 – 10, hoe goed soen jy?
10

12. Jy het gese jy het vrae vir my? Is dit so moeilik om te formuleer? :mrgreen:
Al die goeies was klaar gevat. Okey, Suduko, blokkiesraaisels of: “Is jy laf, ek mors nie my tyd so nie!” ?

Carina

Net een vraag:
As jy jou lewe kon oorhe (soos in heeltemal van scratch af), sou jy steeds hierdie een gekies het?

Dit sou afhang van wat die alternatief sou gewees het. Better the devil you know, jy weet? Ek kry soms swaar (wie doen nie?), maar ek het ook geweldig baie voorregte. Sê nou maar ‘n alternatiewe lewe het glad nie vir Loren ingesluit nie. Dan liewer hierdie een waarin ek hom kon geken het al het ons hom te vroeg verloor. ‘n Lewe waar ek aldrie kinders gesond en gelukkig by my kon hê? Natuurlik! Maar soos ek die lewe uitkyk, sou die swaarkrydeel ook maar daar iewers gewees het. Keuses wat ek gemaak het het ek na die beste van my vermoë gemaak en die meeste sou ek in elk geval herhaal.

Wipneus

Jou most embarrassing moment? ;)

Sjoe, ek slaan my naam so gereeld met ‘n plank, ek het moeite om te kies. Miskien die keer toe ek die skoolhoof amper met ‘n spies doodgegooi het by die atletiekuitdunne. Nugter weet wat die man reg agter my gesoek het.

Het jy ‘n weird gewoonte?
Ek sit met my stoel ver agteruitgestoot (by ‘n tafel) en perch op die voorste puntjie van die stoel. Niemand kan agter my verbykom nie en as hulle teen my stoel stamp, wip ek my onmiddelik.

Rooikoppe word gewoonlik met ‘n humeur geissue ;) Is jou lont kort en indien wel hoe hou jy dit in toom? (Ag toe Nelba gee die magic trick) :lol:
Wipneus, ons is ongelukkig in dieselfde bootjie. My lont is bitter kort. Ek probeer my kinders leer om nie goed stukkend te gooi nie en dan doen ek dit self. Sien vraag 8 by Adrie se vrae.

Comments»

1. Adrie - September 14, 2009

Sudoku – maar ek speel heeltemaal te min. My woordeskat is te vrot vir blokraaisels.

Ek hou van die manier waarop jy jou vrae beantwoord het.

Nelba - September 15, 2009

Ek verkies blokkiesraaisels, maar so dan en wan doen ek ‘n Sudoku ok. Ek is so windgat met blokkiesraaisels dat ek hulle sommer in pen invul.

2. Carina - September 14, 2009

:-) Goeie antwoord.

3. Adrie - September 14, 2009

Kan ek nog een vragie vra?

13. Kan jy Carina sover kry om weer te begin blog?

Nelba - September 15, 2009

Ek kan maar net soos jy ‘n algemene versugting uitstuur en hoop sy hoor :lol: Ernstig: Ek wens ook sy wil weer begin. Sy skryf ongelooflik goed en sy het ‘n unieke manier van na goed kyk. Sy’s boonop hoogs intelligent.

4. Krista - September 14, 2009

Jou antwoorde op my vrae kon amper ek gewees het: tjoklits en koffie en kondensmelk so uit die blik uit! Hmmmm . . .

Nelba - September 15, 2009

Ek sien ons voel dieselle oor pienk ook!

5. Girl van die Suburbs - September 15, 2009

Ek verstaan nie dat ek ‘n paar mense vergeet het met die vrae nie!

Jammer Nelba :oops:

Hoe kry dit reg om alleen tyd te kry met daai kroos van jou?

6. Nelba - September 15, 2009

Net in die middel van die nag :lol:

7. kaalvoetinireen - September 15, 2009

Bly om te sien al ons rooikoppe word met ‘n kort lont ge-issue! Ek kry dit egter reg om dit goed weg te steek meeste van die tyd ;-)

Nelba - September 15, 2009

Ek het ‘n teorie oor rooikoppe se humeure. As mense mens vandat jy gebore is bly vertel jy behoort ‘n humeur te hê omdat jou hare rooi is, sal jy mos natuurlik naderhand een ontwikkel. Al is dit net uit selfverdediging. :-)

8. maxie - September 30, 2009

Jammer, weet dis al ou nuus, maar mag ek asb nog 2 vragies vra?
Waar kom jou naam vandaan? Is dit ‘n familienaam?
Gee jy om dat ek jou steeds Vygie noem? Om een of ander rede sal jy altyd vir my Vygie bly.

Nelba - Oktober 1, 2009

My ouma se name was Petronella Jacoba. Gelukkig het my ouers vasgeskop en liewer die verkorting geskep. Dit beteken egter ek is Melva, Melba, Nelda of enige ander variant daarvan. Maar soos ‘n goedgeleerde hond reageer ek op enigiets wat net naastenby so klink.

Nee, Vygie is doodreg!

9. maxie - Oktober 1, 2009

Baie dankie, Vygie sal dit bly!

My 2de naam is Petronella, familienaam…
Ek wens so dat ek eerder my ma se eerste naam geerf het, sou myself dan Cat kon noem :wink: :cool:

Nelba - Oktober 2, 2009

Oe, jy praat! Catherine of enige variant daarvan is my geliefkoosde naam in die hele wye wêreld. En ek sal nie ontken dat dit iets te doene het met daai eerste drie letters nie…