Titanic Junie 24, 2009
Posted by Twilight in Uncategorized.trackback
Ek en Marco lees vanoggend die verhaal van die Titanic. Die boek wat ons het is effens te gevorderd vir hom, met hopeloos te veel detail, dus lees ek en parafraseer die belangrikste dele.
Toe ons by die deel kom waar die reddingsbote hulle afstand hou uit vrees dat hulle sal sink met meer mense aan boord, terwyl die drenkelinge wat die sink van die skip oorleef het in die yskoue see ronddobber en roep om hulp, begin Marco te snik.
“Die arme kindertjies wat hulle pappas hoor roep en hulle kan niks vir hulle doen nie…”
En daar huil ek ook.
Hemel.

Ek ruk ook ‘n boks tissues nader!
So jonk nog en soveel empatie.
Wees baie trots op hom…
Ek lees elders dat jy baie onlangs verjaar het?
Baie geluk! Mag jy nog lank gespaar bly vir almal wat jou liefhet, en almal wie se lewens jy aanraak.
Tja, gedeelde smart is halwe smart!
Dankie maxie!