jump to navigation

Voetsek Holland! Oktober 5, 2006

Posted by Twilight in Cerebral Palsy, Sleutel.
trackback

Postcards from Holland deur Emily Perl Kingsley is ‘n legendariese essay oor hoe dit voel om die ma van ‘n kind met gebreke te wees.

Na amper ‘n jaar van uit een krisis in ‘n ander in struikel, is ek nou hartlik sat vir Holland. Jy sal my iewers op weg terug Suid-Afrika toe vind. Waar die son skyn en die windpompe en vygies volop is. Al moet ek kaalpoot die Drakensberge oorsteek.

Die ding met windpompe is dat hulle op hulle beste werk wanneer die wind waai. En vygies het net ‘n bietjie water nodig om die wêreld op te vrolik met hulle malse kleure.

Wie is lus vir saamloop?

Comments»

1. Susan - Oktober 20, 2006

Ek is lus vir saamloop. Ek is lus om ‘n bietjie van jou vrag te dra. Net oor ek lus is. En so jammer is vir jou. Want ek het honderde male in my lewe al gevra: HERE is dit hoe ek hom gaan verloor?
Ek ken die pyn.Wragtig ek ken jou pyn. En ek ken die lag ook. Dis ook mos daar. Net omdat HY weet ons kan dit vat. Ons is sterk.

2. vygie - Oktober 20, 2006

Dan help dra ons maar mekaar se vrag. Oor ons kan. En oor ons – saam met ons vrag – gedra word deur Hom.

Baie dankie.